Jan van Riebeeckweg 186 | Oudtshoorn | 6620
044 272 6155
pinehurstk@gmail.com
05:45 Opstaanklok
Prefekte kontroleer of almal opgestaan het. Almal staan dadelik op, volg badkamerroetine en trek ten volle (ook skoene en das) aan. Maak drommetjies leeg in groot, swart drom en maak kamers netjies. Badkamer- en kleedroetine klaar, kamers netjies en drommetjies leeg as stilteklok lui.
06:15 Stiltetyd
Alle prefekte hou kontrole. Almal hou stiltetyd. Sit op eie bed en ten volle geklee. Niemand gesels nie – geen selfone tydens stiltetyd nie. Sit regop op jou bed of kniel. Hou kaste en deure oop vir inspeksie.
06:30 Ontbyt
Tree aan in portaal voor eetsaal in volle skooldrag. (Geen tops of pantoffels nie). Staan netjies in rye – absolute stilte. Seuns nie met hande in die sakke nie.
Dogters stap eerste in, gevolg deur die seuns.
Na ontbyt gaan leerders weer na kamers en maak gereed vir skool
06:55 Waarskuwingklok
Verlaat koshuis
NB: Voordat jy jou kamer finaal verlaat, sorg dat waardevolle items toegesluit is en dat kaste gesluit is. Maak vensters toe, skakel ligte en alle ander elektriese apparaat af.
07:00 Almal uit die koshuis
Prefekte aan diens kontroleer gange en maak seker almal is uit.
14:15 Etensklok
Soos met ontbyt. Almal in volle skooldrag (soos wat jy van skool kom). Tafelhoofde rapporteer aan diensonderwyser indien iemand nie by ete is nie.
17:30 Etensklok
19:00 Aandgodsdiensklok - Koshuisdeure sluit
19:15 Studieklok
Neem alles wat jy vir die studiesessie nodig het na jou studieplek (soos per studieplan). Niemand sal toegelaat word om tydens studie rond te beweeg of enige iets op ‘n ander plek te gaan haal nie.
Alle selfone word by die diensdoenende prefek ingehandig.
Gedurende die eerste aandstudiesessie mag skootrekenaars met toestemming vir take gebruik word.
Leerders wat in kamers studeer, mag nie op hul beddens sit nie.
20:00 Studiebreuk
Laat etes slegs tydens studiebreuk
20:15 Studieklok
Soos eerste studie – geen rekenaars
21:00 Studie Eindig
Niemand kuier na studie in die voorportaal van die koshuis nie.
21:30
Maak gereed vir laatstudie, loop jou laaste draaie, besoek badkamer.
Nie kuier in kamers.
Soos oggendstilte.
22:00 Ligte Uit
Skakel alle ligte af – prefekte sien toe dat badkamers, sale, portale en gange se ligte afgeskakel is.
Niemand verlaat hul kamers nie, behalwe diegene wat besig is met laatstudie en die badkamer wil gebruik.
Leerders mag eers na 30 minute die badkamer besoek indien nodig.
Minimum studietyd vir laatstudie is 30 minute (Geen selfone).
Laatstudie eindig 22:30
Beweeg saggies na laatstudie toilet toe (indien nodig).
Beweeg direk na jou kamer.
Maak deure saggies oop en toe. Respekteer ander se slaaptyd.
Sportbeoefening vind daagliks tussen 15:00 en 17:30 volgens vaste roosters plaas.
Jan van Riebeeckweg 186 | Oudtshoorn | 6620
044 272 6155
pinehurstk@gmail.com